Oor Ons



Om saam te GROEI tot 'n DINAMIESE, SPONTANE, GEESBEHEERDE Gemeente wat MEKAAR in liefde versorg en wat UITREIK na die NOOD van die wêreld deur BIDDEND en LUISTEREND na die Woord, al hoe meer leer LEEF uit die onuitputlike rykdom in JESUS CHRISTUS sodat GOD ALLES vir almal kan wees.

Missie (opdrag)

Ons Bring Jesus na Almal toe
  • Ons – die hele gemeente, want elke lidmaat het die roeping om Jesus se beeld te vertoon
  • Bring Jesus – Ons vertoon Jesus as Sy liggaam op aarde. Dit is dalk ál geleentheid wat die wêreld het om van Hom te hoor of te sien
  • Almal – Begin in jou eie huis en strek oor jou eie omgewing heen tot aan die uithoeke vandie wêreld.

 

Die simboliek van die embleem:      
Die basiese kruisvorm van die embleem is geïnspireer deur die vorm van die kerkgebou wat in die ou styl soos ’n kruis gebou is. Die pyle aan die punte van die kruis dui op die missionêre uitbeweeg van die gemeente.
In die kern van die kruis (gemeente) is die figuurtjies [van bo gesien] wat die gemeente uitbeeld as saam biddend en ondersteunend in die teenwoordigheid van Jesus, die Kern en Hoof van die gemeente. Vanuit daardie posisie is die figuurtjies wat met hande uitgestrek na buite posisioneer. Dit dui op die dienende uitbeweeg van die gemeente na die gemeenskap en wêreld om ons. Dit is ’n uitbeweeg vanuit die ontmoeting met Jesus wat onderling en in Sy teenwoordigheid plaasvind.

Waardes:

1. Ons wil God bo alles ken en liefhê.
2. Die Bybel leer ons hoe om te lewe.
3. Ons soek in alles God se wil en doén dit.
4. Ons praat graag met God oor alles.
5. Ons is bly dat God ons die wêreld instuur.
6. Ons wil 'n seën wees vir ons dorp en ons land.
 
7. By ons is almal welkom en elkeen belangrik.
8. Ons is familie.
9. Ons is almal volgelinge van Jesus en help mekaar daarmee.
10. Ons help mekaar reg.
11. In ons eredienste vier ons dat God by ons is.
12. Ons dien God met alles wat ons is en het.

Gedenkmuur

Net agter ons kerk op ons terrein, is ons Gedenkmuur aangebring. Hier kan lidmate hul geliefdes se as in 'n baie netjiese nis plaas. Dis baie rustig en veilig daar. Vir meer besonderhede oor die aankoop van 'n nis, kontak asb die kerkkantoor.

Ou Pastorie Gastehuis

Ou Pastorie- gastehuis

Direk langs ons kerk is ons ou pastorie wat ons onlangs gerestoureer het en omskep het in 'n gastehuis waar gaste kan tuis gaan indien hulle siekes in die hospitale wil kom besoek of wat 'n naweek of vakansie hier in ons pragtige dorp wil kom deurbring. Daar is 7 gerieflike kamers en ontbyt word verskaf. Skakel 044 873 2295 of 072 766 4283 of E-Pos: oupastorie@telkomsa.net vir meer besonderhede. Loer gerus ook op ons webwerf by www.oupastorie.co.za

 

Kontakbesonderhede

Tel: 044 874 2036                   

Faks: 044 874 2037
E-pos:ngmoeder@caw.org.za
H/v Kerk en Courteneystraat
Posbus 9801, George, 6530

 

 




 

 


View Larger Map