Die geskiedkundige ou sonwyser
langs die paadjie van die hoofingang, is een en ‘n kwart eeu gelede
deur landmeter Edmore, opgerig.
Kort na die groot kerkhernuwing
in 1904, wat R2 600 gekos het, het ‘n geweldige ramp die gemeente
getref toe die kerktoring op Woensdag 13 September 1905, om vyfuur
die oggend ineengestort het. Reën wat in die loop van jare
by die oopstaande vensters van die toring ingedryf is, het die houtwerk
ongemerk laat verrot en die mure sodanig verswak dat dit nie bestand
was teen die swaar neerslag wat op 11 September begin en op 13 September
reeds sowat 10 duim gemeet het nie.
Die heropbou van die toring
is weer moedig aangepak en onder toesig van die argitek Hesse, is
die werk in 1906 ten ‘n koste van R5 300 deur die boumeesters Moor
en Tedbury voltooi. Die teenswoordige kerkklok is ook toe aangeskaf,
terwyl die Londense fima Philipson en Stow die toringhorlosie geskenk
het.
Die
laaste grootskaalse verbeterings aan die kerk is in 1964 aangebring,
toe die gebou van buite en binne opgeknap en gerestoureer en paneelwerk
tot by die vensters aangebring is. Sodoende probeer die Kerkraad
nog steeds sy plig doen “om Gods huis een erfstuk der vaderen
en een sieraad Gods in orde te houden”.
ORREL
VAN DIE
NG
GEMEENTE GEORGE
GEBOU
DEUR
W
HILL & SON

GESKIEDKUNDIGE
OORSIG
VAN
DIE ORREL
T
oe die kerk op 9
Oktober 1842 ingewy is, was daar geen instrument vir sang begeleiding
nie. 'n Blaasorkes wat met 'n perdewaentjie van Stellenbosch af
gekom het, het in die voorportaal gestaan en gespeel “Gaan deur
sy poorte in met lof”, terwyl die gemeente die kerk die eerste maal
betree.
V
an Januarie 1816 tot 1846 het die
gemeente gesing olv die voorsanger. In 1846 het N O'Connell, FA
Zwemmer en HH Allen namens 79 inwoners van die dorp die kerkraad
skriftelik 'n seraphine (Harmonium) aangebied. Dit is aanvaar en
hy het die gemeente sewentien jaar gedien. In 1863 het Ds Kuys,
kort na sy aankoms, die kerkraad beweeg om 'n ander harmonium aan
te koop. Die orrelis was ene Weitzman. Lg orreltjie kan tans nog
in die George Museum besigtig word. Die orrel was blykbaar nie van
die beste nie, want in April van die volgende jaar
is aan spykers en ander benodighede vir reparasie aan die orrel
RDS. 300 bestee. (Riksdalers) Onmiddelik na Ds Herald se vertrek
in 1823 het die kerkraad besluit om weens die treurige toestand
van die orrel, die verminderde kerklike inkomste en die vertrek
van die orrelis, Cornelius Valkenburg, die orrel te laat stilstaan.
So het die orrel dan uiteindelik geswyg.
O
p 13 September
1879 het die gemeente die huidige orrel aangekoop van die Engelse
orrelbou firma William Hill & Son. Hierdie firma het 'n baie
goeie naam gehad en was veral bekend vir die pragtige frontontwerpe
van sy orrels, waarvan die orrel in die St George's Katedraal in
Kaapstad 'n goeie voorbeeld is. Hill is beskou as die firma wat
die Britse orrel tot die hoogste peil van perfeksie gebring het.
Sy orrels was in wese gematig, sonder uiterstes en sonder skerpheid
met 'n pragtige ryk, ronde klankkwaliteit – soos gehoor in die orrel
van die NG Gemeente George. Die firma het in 1916 met Norman &
Beard saamgesmelt en bestaan vandag nog. Hill het ongeveer agtien
orrels na Suid Afrika uitgevoer, waarvan minstens vier nog in hul
oorspronklike toestand verkeer, nl die Weslyan Church, Grahamstad;
die NG Kerk George en die NG Kerk Kruisrivier. Laasgenoemde orrel
is tans in die St Francis van Assisi-Kerk, Simonstad. Die Hill-orrel
in die St George's Cathedral, Kaapstad is ook min of meer nog oorspronklik.
H
ill was ook
die bouers van vier katedraalorrels in Suid Afrika: St Mary's Cathedral,
Kaapstad; Pro-Cathedral, Johannesburg; St George's Cathedral, Kaapstad
en ook 'n vierde orrel. Eersgenoemde drie is reeds vervang of herbou,
terwyl die huidige orrel in St George's Cathedral in Kaapstad min
veranderings ondergaan het sedert Cooper, Gill & Tomkins dit
in 1909 geïnstalleer het. Vermeldenswaardig is ook die Hill-orrel
wat in 1858 as derde orrel van die NG Kerk Stellenbosch in gebruik
geneem is. Die soliede konstruksie en duursame materiaal, so kenmerkend
van William Hill se instrumente, is ook hierin bewys dat Stellenbosch
se orrel 95 jaar lank tot in 1953 diens gedoen het.
D
ie orrel is
aan die gemeente geskenk deur sestien lidmate en het £900
gekos. Ongelukkig kon geen inligting oor die koop en vervoer van
die orrel opgespoor word nie. Die orrel is oorspronklik in die oostelike
vleuel van die kerk ingebou deur die Kaapstadse orrelbouer WJ Hadfield
en is feestelik ingewy op Saterdag 13 September 1879. Tydens die
inwydingseremonie het, wat musiek betref, die gemeente eers Psalm
68:10 sonder die orrel gesing. Na skriflesing, koorsang en gebed
het die bekende musikus van daardie tyd, mnr Rocco de Villiers,
die orrel vir die eerste keer ingespeel. Sy vermoë om “wonderbaren
toonen aan het instrument te ontlokken” het die groot skare verstom.
In sy verslag aan die Kerkraad het hy verklaar dat “het orgel ......
wat de constructie en rangskikking alsmede het uiterlyker van aangaat,
naar zijn inzien voor geen enkel orgel in deze kolonie .... behoeft
te onderdoen .... Het materiaal bestaat uit het allerbeste” Hoewel
daar nie opgeteken is wat hy gespeel het nie, was hy na berig is,
wel 'n meester van die instrument wat geweet het hoe om wonderbaarlike
klanke daaruit te ontlok – hy kon die orrel “laat praat”. Die gemeente
het voorts gesing “Hoe lieflik is U wonings Heer der leërskare”
en die geleentheid is afgesluit deur die koor met “Dat de hemelen
zight verblyden”.
I
n 1917 het
die kerkraad besluit om 'n galery in die oosvleuel van die kerk
in te bou en die orrel is toe verskuif na sy huidige ietwat eienaardige
en ongerieflike plek agter die preekstoel. In 1946 is die drie tongwerke
vernuwe en in 1982 is twee pedaalregisters bygevoeg, ondanks vroeëre
aanbevelings dat die orrel in sy oorspronklike toestand bewaar moes
word – derhalwe is die orrel nou die grootste “byna oorspronklike”
Hill orrel in Suid Afrika. Die orrel het twee manuele en pedaal
met 'n meganiese speelaksie.
Die
disposisies is soos volg (in Engels).
Manuaal
I Manuaal II Manuaal III
Bourdon
16 Open Diapason 8 Open Diapason 16
Open
Diapason 8 Salicional 8 Bourbon 16
Stopped
Diapason 8 Hohl Flute 8 * Bass Flute 8
Dulciana
8 Principal 4 * Schalmei 4
Principal
4 Piccolo 2
Wald
Flute 4 Cornopean 8
Twelfth
3 Oboe 8
Fifteenth
2
Mixture
3
Trumpet
8 ( * Bygevoeg in ongeveer 1982)
G
esien i n die lig dat die orrel 'n
blaasinstrument is, is hy afhanklik van wind om sy klank voort te
bring. Aan die oostekant van die orrel is daar 'n balk wat gebruik
was om die blaasbalk mee vol te pomp. Die diakens het aanvanklik
diensbeurte gehad om gedurende die speel van die orrel die lug te
pomp. Hulle het agter 'n houtgordyn gestaan en moes die blaasbalk
op die vol merkie hou. Hulle het dan ook hulle name en datums uitgekrap
in die panele van die orrel as herinnering aan hulle werk. Later
van tyd is daar 'n permanente pos voor geskep en die veertienjarige
seun, D van Rooyen, was die eerste met 'n vergoeding van 7/6 per
maand. Hy word 'n orrelblaser genoem. Heelwat jare later in 1917
tydens die eeufeesjaar is besluit om die orrel deeglik te laat nasien
en is 'n elektriese blaser ingesit wat die handpomp metode vervang
het.
I
n die 126 jaar sedert die aankoop
van die orrel, was daar vele orreliste. Die vorige orrelis, Mnr
Bertie van Straaten, het egter die pos die langste beklee, nl 23
jaar. Een van die eerste orreliste is afgedank weens die gebruik
van growwe taal! 'n Ander het soms gedurende die opneem van die
kollekte een van die treffer liedjies van daardie tyd gespeel, nl
“Run rabbit, run, run, run”. Op ernstiger noot is die Messias van
Handel in die vroeë sestiger jare in die kerk aangebied, wat
gereken is as 'n prestasie vir 'n plattelandse dorp van daardie
tyd.
Die
NG Gemeente George is baie dankbaar en trots om oor so 'n pragtige
orrel te beskik en kan in sy 126ste jaar net hoop en beplan vir
nog groter hoogtes op die gebied van kerkmusiek in die toekoms,
tot verheerliking van God.
Vorige
O rreliste
Harmonium
Orreliste
Mnr Weitzman 1816
Mnr Frederick Pohl 1819
Mnr Cornelis Valkenburg 1821
Mnr Peterson (Koster) 1855
Mej Dreyer 1865
Mnr Peterson (Koster) 1866
Mej Zwemmer 1867
Mej Zwemmer (Suster)
H
uidige Hillorrel Orreliste
Mej Zwemmer 1879
Mej Dreyer 1885
Prof van Oosten 1900
Attie Louw 1901
Mev Rossouw 1901
Mej Dreyer 1902
Mej Beyers 1923
Mev Vlok 1923
Mej Schmidt 1924
Mev Schroeder (Gebore Vlok) 1940
Mnr CP de Jager 1946
JH van Eck 1948
Mnr Fred Gericke 1952
Mej de la Querra 1953
Mnr PJ Badenhorst 1954
Mej A du Toit 1955
Mnr D Smit 1956
Mnr Melt van der Spuy 1959
Mnr G de Ronde 1964
Mnr
Grobbelaar 1968
Mnr Vlok 1969
Mej van Rensburg 1970
Mej Scheepers 1971
Mev Scheepers 1973
Mnr Bertie van Straaten 1983 - 2006
Mev Friena Maritz 2006 -tans
I
nligting verkry uit:
DM
De Jager en MHC Kitshoff : 175 jare van genade (1989) Albert Troskie
: Pyporrels in Suid Afrika (1992)
DIE
PREEKSTOEL
VAN
NG
GEMEENTE GEORGE

Van
die preekstoel is daar min bekend, omdat die notles
van daardie tyd nie beskikbaar is nie. Die “Baastimmerman en Schrijnwerker”
Heyne, het die plan van die preekstoel ontwerp en dit self gemaak.
Die preekstoel word die eerste keer
genoem
in Februarie 1840 toe Heyne, wat op George woonagtig was, die plan
ingelewer het.
P
resies 'n jaar daarna was die preekstoel
klaar! Die stinkhout daarvoor gebruik is deur die kerk gekoop van
verskillende persone, onder andere JC Gericke, terwyl 'n groot deel
deur Rex van Knysna gelewer is. Die kerk het ook self die timmerliede
wat Heyne gehelp het, betaal. Die preekstoel het altesaam Riksdalers
2923 (ongeveer £200) gekos. Hiervan is Rds2223 met kollektelyste
in die gemeente ingesamel en die res van AM Meyer geleen.
D
ie preekstoel het Ds Ballot baie
na aan die hart gelê. Hy het self met Heyne alles gereël.
Die geld wat vir die doel gekollekteer en geleen is, is aan Ds Ballot
persoonlik toevertrou om wanneer nodig aan Heyne die nodige voorskotte
te gee, sodat daar nie die minste oponthoud “in de werksaamheid
van de gemelde stoel moge plaats hebben”. Jan Wahl het vir die vergulde
bol, wat min gemeentelede seker nog bo-op die preekstoel opgemerk
het, Rds 19 ontvang. Die twee stinkhoutpilare
aan weerskante van die kateder, wat die dak van die preekstoel ondersteun
het, is later verwyder en deur onooglike ystertrekke na die dak
vervang.
D
ie preekstoel is van soliede stinkhout,
en of hy nog honderd jaar sal staan, weet ons nie, want die tekens
van die tye is ook aan hom sigbaar. Die houtwurm het aan die preekstoel
se stinkhout oorlog verklaar.
I
n 1939 is grootskaalse verbeterings
aangebring waaronder die preekstoel sorgvuldig skoongemaak en gepoleer
is. In 1944 egter was die kewers nogeens verantwoordelik vir herstelwerk
aan die kewer-gevrete poot van die preekstoel. Die kanselkussings
word ook in 1958 vervang. In 1974 is die hulp van kenners weer ingeroep
om kewers in die staanders
waarop
die kroon van die preekstoel rus te bestry. Mnr Piet Maritz word
bedank vir die pragtige herstelwerk aan die preekstoel waartydens
die vernis waarmee die pragtige stinkhout bedek was, verwyder is.
In 1978 word 'n indringende verslag opgestel vir grootskaalse herstelwerk.
Daar is beklemtoon dat die kerkgebou 'n historiese gedenkwaardigheid
is en behoorlik gerestoureer moet word veral met die oog op die
viering van die 175st bestaansjaar van die gemeente in 1988. Tussen
al die woelinge deur word broer Bentley versoek om ondersoek in
te stel na die herstel van die preekstoel in sy oorspronklike vorm,
veral met die verwydering van die stange bokant die preekstoel wat
aanstoot gegee het, sowel as die terugplasing van die vergulde bal
op die kroon, wat op 'n onbekende wyse lank gelede verdwyn het.
Al
die Leraars van Moedergemeente
Leraar
Tydperke
Jare
Herold
TJ 1813 tot 1823 10
Geen
Leraar 1823 tot 1827 4
Ballot
JSS 1828 tot 1862 34
Kuys
AGM 1863 to 1877 14
Muller
CFS 1877 tot 1887 10
De
Beer ZJ 1887 tot 1895 8
Rossouw
DJJ 1896 to 1912 16
Beyers
JA 1912 tot 1923 11
Hurter
JA 1921 tot 1936 15
Van
der Merwe PP 1925 tot 1929 4
Lotter
GJ 1931 tot 1947 16
Klopper
JS 1936 tot 1948 12
Du
Toit DF 1943 tot 1947 4
Lochner
JG 1947 tot 1950 3
Heymann
HP 1947 tot 1951 4
Pistorius
CWI 1948 tot 1953 5
Du
Toit DF 1951 tot 1967 16
Gous
AGS 1953 tot 1958 5
Hay
EJ 1955 tot 1967 12
Marais
S 1958 tot 1964 6
Malan
DW 1959 tot 1961 2
Muller
BA 1961 tot 1964 3
Kellerman
JS 1965 tot 1969 4
Marais
JS 1967 tot 1970 3
Lategan
BC 1968 tot 1969 1
Jordaan
P 1969 tot 1978 9
Thom
JD 1969 tot 1974 5
Robertson
AM 1971 tot 1978 7
Moolman
JG 1974 tot 1983 9
Crouse
MA 1976 tot 1979 3
Van
Niekerk WP 1978 tot 1981 3
Du
Toit JCK 1978 tot 1983 5
Van
der Merwe JA 1978 tot 2006 28
Van
der Merwe JSD 1982 tot 1983 1
Malherbe
UP 1984 tot 1987 3
Sahd
MP 1984 tot 1993 9
Van
Rooyen M 1988 tot 1998 10
Badenhorst
W 1984 tot 2004 20
Louw
JA 1993 Huidig in bediening 14
Bekker
H 2005 Huidig in bediening 2
SJ
van der Walt 2007 Huidig in bediening 1
KERKKLOKKE
VAN
NG
MOEDERGEMEENTE

W
eens
die uitgestrektheid van die dorp het die kerkraad groot moeilikheid
ondervind om 'n doeltreffende klok te kry. Aanvanklik het Landdros
van Kervel goedgunstiglik aan die kerk verlof gegee om die distriksklok
te gebruik. Die eerste eie klok wat die kerkraad besit het, is in
Augustus 1815 geskenk deur JJ Botha en het Rds 17.0.0 gekos. Hierdie
klok was egter te klein en is volgens kerkraadsbesluit die volgende
jaar op 'n publieke veiling verkoop vir Rds 38.0.0 en die kerk het
weer die distriksklok gebruik. Omtrent 2 jaar later, Mei 1818, koop
die kerk op 'n publieke veiling van die afslaer van der Hoven 'n
ander klok vir Rds 101.4.0. Hierdie klok het ook nie aan sy doel
beantwoord nie en is drie jaar later aan CF Pohl van Sandkraal vir
Rds 100.0.0 verkoop.
O
p 'n
Kerkraadsvergadering, gehou op 6 Oktober 1822, het Ds Herald bekend
gemaak dat sy agent in “ de Hoofdplaats ”
(Kaapstad) vir die kerk van George 'n “ongemonteerde”
klok aangekoop het vir Rds 200.0.0.
Een
van die kerkraadslede het aangebied om hierdie klok kosteloos in
Kaapstad te gaan haal en die smid, Craell, het dit vir Rds 25.0.0
opgesit. Dog ook hierdie klok het nie aan sy doel beantwoord nie
en op versoek is dit aan die Landdros “voor rekening
van ‘t district” weer vir Rds 225.0.0 verkoop. Op
versoek van Ds Herald is ene Collison, 'n koopman van Kaapstad,
versoek om “een zwaarder gewicht voor Kerkenraden uit
Engeland te ontbieden” . drie klokke dus binne 10
jaar en 'n vierde op pad!
V
anaf 1822
tot 1843 het die kerkraad dus weer nie 'n eie klok gehad nie. Hulle
het vir byna 20 jaar die distriksklok gebruik. In daardie jaar het
die kerk weer 'n nuwe klok gekoop wat in 1842 in Londen gegiet is.
Toe die kerkraad op 12 Augustus 1843 besig was met 'n vergadering,
het die koster die vergadering meegedeel dat die nuwe klok in die
toring aangebring is en of “mens wenschte van dezelfs
gelui eenen proeve te neemen” . Daarop het die kerkraad
eers verdaag om aan die wenk uitvoering te gee. Eindelik, nadat
die gemeente dertig jaar oud was, het hulle 'n geskikte klok vir
die uitgestrekte dorp gehad. Die klok het dus vir 62 jaar diens
gedoen, maar het ongelukkig 'n bars opgedoen toe die toring in 1905
geval het en onbruikbaar geword. In 1951 is die klok aan die dogtergemeente
Blanco geskenk waar dit in gebruik was by die kerksaal totdat die
gemeente in 1975 'n kerkgebou gekry het, waarop die klok teruggegee
is aan Moedergemeente wat dit as 'n monument op die terrein opgerig
het.

M
et
die herbou van die toring is die klok aangeskaf wat vandag nog in
gebruik is. Hierdie klok, reeks no 2030, wat in 1906 deur die firma
Gillett & Johnston Founders van Croydow, Engeland, , gegiet
was, was geskenk deur 'n Engelsman, ene Mr FS Philipson Stow, met
die versoek dat die klok se naam Florence moet wees. (Dit is 'n
ou Engelse tradisie dat alle klokke name gehad het). Toe hy gevra
word hoekom dit gedoen moet word, antwoord hy dat sy suster se naam
Florence was en dat sy 'n baie harde stem gehad het en wanneer die
klok lui kan die hele dorp haar stem hoor. Hierdie verhaal is vertel
deur Clayton Allsop, kleinseun van Janet Groenewald (gebore Ballot)
wat op haar beurt weer 'n kleindogter was van Ds Ballot. Dit is
in Ds Ballot se dienstyd alhier (1830 tot 1842) dat die teenswoordige
kerk gebou is.

Be
halwe
dat die klok gelui word om eredienste, begrafnisse en troues aan
te kondig, is die klok egter ook aan die horlosie gekoppel en slaan
die ure. In die toring is daar twee verdere kleiner klokke (deur
dieselfde firma gegiet en persoon geskenk) wat aan die horlosie
gekoppel is en die kwartiere en halfuur slaan. Hulle reeks no's
is 2031 & 2032.

D
ie
persoon wat die klok lui (gewoonlik die koster) word 'n beieraardier
genoem na aanleiding van die woord beier wat die lui van die klok
beskryf. Die klok word op een uur vooraf en dertig minute voor elke
erediens gelui vir vyf minute lank. Dit beteken dat die klok gemiddeld
38 uur per jaar lank gelui word. Die klok word ook nog gelui deur
die trek van 'n tou.
Die
aankoop geskiedenis
Aangekoop
Prys
Verkoop vir
Augustus
1815 Rds17.0.0 Rds 38.0.0
Mei
1818 Rds 101.4.0 Rds 100.0.0
6
Oktober 1822 Rds 200.0.0 Rds 225.0.0
12
Augustus 1843 Skenking Gekraak Monument
1906
Skenking Huidig in gebruik
|