Hierdie bladsy is op Vrydagmiddag 5 Maart 2010 om 16:15 opdateer.

  NG MOEDERGEMEENTE  GEORGE

7 MAART  2010

GEMEENTE BULLETIN

             

WELKOM BY VANOGGEND SE EREDIENS

 EREDIENSTYE-

09:00: Ds Steve van der Walt  Teks: Jer 17: 13

09:00: Kinderkerk (4j – Gr 3)

10:00: Kindergroepe

Tienergroepe ná erediens

19:00: Byeenkoms in kerk: Ds Lizette Louw

Spes Deuroffer: FAMSA

 

DAGBOEK VIR DIE WEEK

Datum

Aktiwiteit

Kontakpersoon

8 Maart

Finkom verg:  17:15

Willie  874 2036

9 Maart

HVA: 09:00

Dames Bybelstudie: 09:00

Mans Bybelstudie: 09:00

Gemeentebiduur: 18:00

Frieda 044 874 2036

Anemarie 044 874 0168

Ds Steve 044 874 2036

Breggie 044 874 1357

10 Maart

Bybelskool: 18:30

Werkende Jongmense: 19:00

Ds Johan 044 874 3778

Conrad 072 227 6356

11 Maart

HVA: 09:00

Frieda 044 874 2036

12 Maart

Middag Biduur: 13:10

Biddag vir Vroue: 10:00

Mug & Chat: 18:00

Breggie 044 874 1357

Anelle 044 873 5259

Guillaume 073 250 0966

15 Maart

Spesiale Kerkraadsverg: 17:30

Drew 044 874 2036

 

Baie geluk aan die volgende ouers wat hul babas ten doop bring:

Gerhard en Karin Botha,  Gerhardus en Karen Naudé en Marnus en Franzette van Rooyen.

 

Baie welkom aan ons Nuwe Intrekkers:    Ons vertrou dat u gou tuis sal voel in u nuwe gemeente. Voltooi asseblief die kontakkaartjie (voor in die bank) en plaas dit in die kollektebordjie.  Skakel asseblief die kerkkantoor by 044 874 2036 om te reël vir u lidmaatskapsertifikate.

 

DANKOFFERS:  Ons Debietorderstelsel is nou in werking.  Indien u u dankoffer per debietorder wil betaal, kontak asseblief die kerkkantoor.

U kan u dankoffers op die volgende wyses gee:

*Kollekte tydens erediens

*Debietorder 

*Dankofferkoevertjie (indien u nie een het, nie, daar is by die kerkdeure beskikbaar) 

*Internet betaling.   

Bankbesonderhede: NG Kerk, George, ABSA Bank

Takkode 630 114 – Rekeningnommer; 089 058 0041

 

Beste medegelowige,

Die gemeente se finansiële jaar het so pas ten einde geloop en as Finansiëlekommissie is ons dankbaar om met julle te deel dat die begroting getuig van nog ʼn jaar waarin die Here vir die gemeente voorsien het.  Elke dag word ons opnuut daaraan herinner dat die Here die Hoof en Voorsiener van hierdie gemeente is.

Verlede jaar was weereens ʼn jaar waarin daar baie geleenthede beleef is en baie uitreike, hulp en diens in die naam van Christus vanuit die gemeente gedoen kon word.  Ons herinner jou graag dat al die aktiwiteite van die gemeente nl. die eredienste, leraars se werk in mense se lewens, jeugbediening, Hulpverleningsaksie, Geloofstoerusting, ens ... alles...was moontlik as gevolg van die jou meelewing en gereelde dankofferbydraes.  Ons hoop dat die prosesse in die gemeente van die afgelope jaar vir jou bemagtig en gehelp het om daarin jou leef, werk en speelplek as lig en sout vir die wêreld uit te leef.  Ons getuig mos met ons missie: “Ons Bring Jesus Na Almal Toe.”  Ons glo dat verlede jaar se “Saam is ons beter”- kursus van 6 weke ons hierin bemoedig het.    Die Kerkraad raak al hoe meer oortuig dat die Here ons as gemeente so ryklik geseën het met gawes wat Hy aan ons almal onderskeidelik toevertrou het, dat ons in die jaar wat kom, nóg ʼn veel groter seën vir mekaar en die wêreld kan wees.  Hierin is ook ons onderlinge verhoudinge van groot belang.

As Finansiëlekommissie is dit ons voorreg om die dankoffer - deel van gawes te bestuur.  Ons sê hiermee dankie vir  jou gereelde finansiële ondersteuning van die afgelope finansiële jaar!  Daardeur was jy indirek deel van groot seën. Ons gee jou die versekering dat ons weer met oorleg en kundigheid die gemeente se finansies in hierdie jaar sal bestuur en gereeld terugvoering sal gee oor die stand van die gemeentekas.  Ons herinner jou  ook om gelowig en verbeeldingryk na Christus (ons Hoof) te luister as jy in hierdie jaar jou finansiële bydrae tot die gemeente maak.

Ons nooi graag elke lidmaat en veral nuwe intrekkers om deel te wees van die gemeente se aktiwiteite en só saam te groei waar ons Here en Hoof ons lei!

Groete in Christus.

Lettie Naudé [Voorsitter, Finkom]

JEUG

Ý 14 Maart is dit ons Familiekategesediens in die Langgebou om  09:00 vir die Gr 4 – 6 Kategesegroepe en hul ouers.

Ý As dit die Here se wil is, sal ons ons eerste LAN geleentheid op Vrydag – Saterdag 26 – 27 Maart plaasvind.  Registreer vroegtydig by Noëline by 044 874 2036 / 082 594 6443.  Kostes vir die nag is R35 pp.  As jy nie jou eie LAN-kabel het nie, kan een teen R5 gehuur word. Daar sal ook  ʼn snoepie beskikbaar wees.

LIEF EN LEED

             God het altyd tyd om te luister as jy tyd het om te bid…”

Ampie Kotze

Jan Swart

Ben Fouché

Johanna Barnard

Chris Russouw

Miems Stoltz

Cornelia Meyer

Marie de Swardt

Christo van Rensburg

Neliza Voigt  

Corrie de Klerk

Rienie Eksteen

Driekie Gerber

Santa Botha

Ester Payne

Veronica Botha

Francois Henn

Miempie Boers

 

Indien u bewus is van iemand wat siek is of wat iemand aan die dood afgestaan het of van nuwe babas wat gebore is, kontak asseblief die kerkkantoor.

ANDER SAKE

VERJAARDAGOFFER:   Maartmaand is tradisioneel ons
Verjaardagoffermaand”, waar ons ‘n beroep op ons gemeente doen om waar moontlik, ‘n ekstra dankoffer bydrae te maak.  Ons gemeente vier op Dinsdag 9 Maart  sy 197ste verjaardag.

 

HULPVERLENINGSAKSIE:  Ons benodig asseblief die volgende items om ons sakkies vir die hospitaal pasiënte op te maak: klein buisies tandepasta, klein sepies en waslappies.  Indien u kan help met die volgende kruideniersware, sal ons dit baie waardeer: pakkies sop, klein blikkies konfyt, Wheatbix, grondboontjiebotter, klein blikkies koffie, klein pakkies tee, Marmite,  Bully Beef en “Meatballs” in spaghetti.

 

 

 

TUINWOONSTEL TE HUUR:  George Sentraal: Tuinwoonstel te huur vir enkelpersoon vanaf 1 April 2010, prys R1950 pm, water en ligte ingesluit.  Slaapkamer, sitkamer/kombuis en badkamer.   Kontak die kerkkantoor.

 

DVD VAN EREDIENS:  U kan ʼn DVD van vanoggend se preek gratis by die kerkkantoor kom uitneem.

 

VEILING:  ‘n Veiling word weer beplan gedurende die jaar waartydens alle bruikbare items wat moontlik vir u nie meer van nut is of wat in u pad is, verkoop gaan word.  Geen item is te klein of te groot om verkoop te word nie.  Soos in die verlede gestel: van ‘n rol doringdraad tot ‘n skoonma.

Indien u verlang dat die items namens u verkoop moet word, moet u asseblief ‘n reserwe prys daarop plaas en ons sal poog om die prys te haal.  Kontakpersoon: Willie 044 874 2036 / 073 182 6158.

 

BENODIG:  Ons benodig   ± 35 leë blikkies, (410 x 420gr) om as kershouers te dien.  U kan dit by die kerkkantoor inhandig.  Baie dankie.

 

SAAMRYGELEENTHEID:  Ds Steve ry op 17 Maart 2010 na Bloemfontein.  Indien iemand ‘n geleentheid soek na Bloemfontein, is u welkom om hom te kontak.

 

VAKATURE:

 

HOOF VAN VERSORGINGSOORD (CRECHé): VINKNES

Posvereiste:    * Kundigesentreerd, goeie bestuursvaardighede, finansiële

bestuur, rekenaarvaardig. Skakel Alida Lourens by 044 873 3064 vir verdere

besonderhede.

GEMEENSKAPSONTWIKKELINGSWERKER – BADISA GEORGE

Posvereiste:    *Kennis en vaardigheid in Projekbestuur

                        *Goeie vaardighede in die ontwikkeling van gemeenskappe

                        *Geldige bestuurslisensie

Ruim verlof, mediese- en pensioenvoordele is van toepassing.  Kontak H Braaf by 082 886 3559/044 874 5013 of e-pos hbbmd@telkomsa.net

FUNKSIES

NAJAARSVRIENDEKRING:  Almal bo 55 jaar word vriendelik uitgenooi naons byeenkoms op 10 Maart 2010 om 09:30 in die Langgebou.  Die ernstige en veelvuldige nood in ons midde, word toegelig en bespreek. 

Kom geniet verversings saam met ons en sluit ook aan as lid vir ons maandelikse gesellighede.  Kontak asseblief vir Marietjie by 044 873 6654.

GEORGE-TUINEDAL bied aan:  ʼn Dankfees met Carel Trichard en Petro Wessels op Donderdag 11 Maart 2010 om 19:00 in die kerk.  Kaartjies by kerkkantoor, R40 pp.  Verversings te koop tydens pouse.  Kontak vir Caroline by 044 873 4383.

 

TUINIQUA SENTRUM VIR SENIOR BURGERS:   Hul jaarlikse kermis ten bate van die sentrum se afdeling vir Verswaktes, word  op Vrydag, 12 Maart 2010 vanaf  16:30 gehou.   Daar gaan allerhande heerlike eetgoed, vars produkte, handwerk ens. te koop aangebied word.  Die publiek word hartlik uitgenooi om hierdie fondsinsamelingspoging te kom ondersteun. Enige bydrae wat u dalk ook wil maak, sal opreg waardeer word.  Kontak asseblief vir Henriëtte by 044 874 5760.

 

Arbeidsbediening Tuinroete bied aan:  “Viva la Musica!”

‘n Aand van gewilde ligte klassieke musiek met:

*Die Suid-Kaapse Simfonie-orkes

*Die Suid-Kaap Kinderkoor

*Appassionata

Datum:  Donderdag 18 Maart 2010   Tyd: 19.30

Plek:  N.G. Moederkerk, George

Kaartjies:  R60, R50 (Seniors), R40 (Kinders o/15)

Kaartjies is verkrygbaar by PNA langs die Poskantoor in George

Hierdie konsert is ‘n geleentheid om nie mis te loop nie! ‘n Aand van suiwer musiekgenot wat u met ‘n lied in die hart huis toe sal stuur! Kom ondersteun Arbeidsbediening en bring u bure, familie, vriende en kinders saam!

 

BADISA-George se fondinsamelingspoging vir die eerste kwartaal is weer in die vorm van ‘n heerlike, gesellige oggendtee. Dit vind, as die Here wil, op Saterdagoggend 17 April plaas. Ons gasspreker by daardie geleentheid is die bekende aktrise, Anna-Mart van der Merwe. Die funksie sal gehou word in die kerksaal van die N G Gemeente George [Moedergemeente]. Teken solank die datum aan! Die mans sal bly wees om te verneem dat hulle ook genooi word. BADISA-George benodig die hulp van nog vrywilligers wat kans sien om daardie oggend as gasvroue op te tree. Elke gasvrou is verantwoordelik om [aan die hand van duidelike riglyne] te sorg vir wat die ongeveer 8 persone aan haar tafel gaan geniet en ook om kaartjies vooraf te help verkoop. Kaartjies en riglyne is beskikbaar by die kantoor van BADISA-George, Victoriastraat 60. Indien u belangstel om as gasvrou by ‘n tafel op te tree, sal ons waardeer as u asseblief so gou moontlik, maar vóór 12 Maart,  u naam en kontakbesonderhede vir u eie kerkkantoor sal gee. Hulle sal dit deurstuur na BADISA-George. Baie dankie!  Navrae:  Mnr. Fanie Jordaan, tel. 044 874 5013, e-pos: adminbadisag@telkomsa.net

GALA-ETE:  Die jaarlikse gala-ete van ons gemeente word op 30 April 2010 gehou.  ‘n Baie heerlike driegang ete word bedien asook die optrede van “Maxeen’s Models” en as gaskunstenaars Frans en Sandra Brits.  Enkel kaartjies asook ‘n tafelbespreking is nog beskikbaar.  Kontak asseblief vir Willie 044 874 2036 / 073 182 6158.

 

WILDSVLEISFEES:  Die fees sal DV op 30 Julie plaasvind.  Hou maar die advertensies/kennisgewings dop en kom kuier heerlik saam!

 

 

GEBEDSBULLETIN

GEBEDSGELEENTHEDE

*Dinsdae: 18:00 – 19:00

Gebedskamer

*Elke weeksdag: 10:00 – 13:00 asook Maandagaande by Soteria (Victoriastr)

*20 minute vóór elke erediens in die konsistorie

* Middagbiduur Vrydae om 13:10 – 13:45 in die kerk

 

GEBEDSLAND HIERDIE WEEK

 

Maart 7 - 13                             Puerto Rico

Oppervlakte: 13 790 vierkante kilometer

Bevolking: 3 971 020

Geletterd: 94,1%

Godsdienste as persentasie van die bevolking: Rooms Katoliek 85%

Protestants en Ander 15%

Amptelike Tale: Spaans en Engels.

Dank die Here vir sy leiding in hierdie uitdagende tye. Prys Hom vir ons werk onder gevangenes - veral onder jong oortreders. Bid dat ons die planne vir ons bediening vanjaar sal kan uitvoer en dat ons sal voortgaan om die behoeftiges te dien. Dank Hom ook dat ons verlede jaar die 25ste

bestaansjaar van die Radio Bybelleesmarathon kon herdenk.  Bid vir die werk wat ons deur Lectio Divina onder jong Katolieke doen: ons het ongelooflike oomblikke en geestelike groei beleef.

 

BID VIR ONS SENDELINGE

Leslie Daniel : ECI Kerkplanting – Indië: 

 Dank: Die gemeente is nou 18 jaar oud. Gedurende Desember was daar 'n Vrouesondag en 'n Jeugsondag en op die 4de Sondag in Desember is 15 nuwe bekeerlinge gedoop. Met  vreugde en 'n groot passie om  die liefde van Christus te verkondig, het die gemeente in die hele dorp met sang en prediking die boodskap uitgedra. Tydens die Nuwejaarsdiens het baie nie-christene ook deelgeneem.  Tydens die Chennai Festival of Hope, 21 tot 24 Januarie,  was Dr Franklin Graham die prediker - altesaam 250 000 mense het oor die 4 dae bygewoon -  80 000 op die laaste dag. Voorbidding word gevra vir die duisende wat hulle oorgawe aan Jesus Christus aangedui het -ongeveer 5000 volwassenes en 8000 kinders. Bid dat hulle in die liggaam van Christus opgeneem sal word en sal groei om dissipels te wees. Biskop Sargunam, hoof biskop van die Evangelical Church of India (ECI), getuig dat hy in 1956 onder die prediking van Dr

Billy, Franklin se Pa, tot bekering gekom het. 

Jannie en Marna Theunissen: Christelike Uitgewery  en Internet Bybel-             bediening -Bangkok, Thailand:

Marna doen die administratiewe werk vir die skoling van die OMF sendelinge se kinders.  Vir alle sendelinge is dit 'n tere saak.  Bid vir 'n goeie tyd saam met die nuwe families daar wat opvoedingsbesluite vir hul kinders moet neem. Sy is ook betrokke by die taalskool vir nuwe werkers in Lopburi en moet ook daarheen gaan.   Jannie werk nog een dag per week by die Uitgewery waar Tanasee,  die nuwe bestuurderes so goed aangaan.

Lilian Hurter: Bybelvertaling - Mayotte in die Comores:

Dank: Na die onrus en onsekerheid oor Lilian se gesondheid en verblyf op die eiland, is daar weer kalmte en sy  gaan voort met haar vertalingswerk op die eiland.   Bid ook vir vir goeie vordering daarmee, en ook vir die span wat besig is met die Shingazidza vertaling vir die ander eilande in die groep. Hulle is tans besig met  Handelinge.
Dank die Here vir die goeie gratis mediese dienste wat sy ontvang op die eiland.  Die sukses van haar nuwe medikasie, wat baie verligting bring, hang steeds in die weegskaal weens newe-effekte. Bid steeds vir haar veiligheid. Onlangs het 'n dief haar handsak uit haar motor te gegryp terwyl sy stadig moes ry. Dankbaar het die  handsak se skouerband gebreek en Lilian kon dit  behou. Lilian vra voorbidding vir die span wat die weeklikse evangelieboodskappe vir  die staatsradiosender berei - vir inspirasie en die beste gebruik van elke oomblik beskikbare lugtyd. 

Henry en Susan Murray : Kweekskool - Morgenster, Zimbabwe:

Sake by en rondom die Kweekskool is reeds druk aan die gang. Na 'n tyd van droogte en versengende hitte het milde reën gekom - die  totale reënval rondom Morgenster is normaal, maar dit is laat en ongereeld. Gevolglik  is die vooruitsig op 'n goeie oes skraal. Bid vir 'n honger land en volk! 

Dank en bid vir die vyf uit die ses Proponente wat binnekort in gemeentes georden sal word  en vir die een wat nog wag .  Ook vir vanjaar se vyf  finalejaar studente wat  vir die volgende 3 maande uitgaan vir prakties in  gemeentes. Hulle word blootgestel  aan alle aspekte van bediening, en  die gevolg is dat hulle terugkeer met 'n nuwe besef van die noodsaaklikheid van  hulle deeglike teologiese  opleiding. Bid dat die Here vir hulle, nog sterker as ooit tevore, sal bevestig in hulle heilige roeping.

 Dr Ten Hove, die Mediese Superintendent vertel van 'n  onlangse besoek van 'n  groep van die Christian Medical Fellowship - ongeveer 15 dokters, 'n chirurg, 'n tandarts, mediese studente,  en paramedici.  Hulle het ‘n hele naweek hul gratis dienste by die hospitaal gelewer. Ongeveer 500 pasiënte is gehelp. So gebruik die Here Sy kinders tot  Sy eer,  en die bemoediging diegene wat lank, en dikwels eensaam, die las in afgeleë plekke moet dra!

Die politiek van die land is tans op 'n gevaarlike mespunt met die gevaar van 'n herhaling van geweld en intimidasie. Bid vir die Here se ingryp vir Sy volk in die steeds geteisterde land.

Petria Theron : Hefsiba Kweekskool - Vila Ulongwe, Mosambiek:

Dank en voorbidding:  Dr Kruger du Preez, die hoof van die inrigting, is weer daar en kan verantwoordelikheid  neem vir baie belangrike administratiewe en praktiese sake  wat op Petria - hulle se skouers gelê het tydens sy afwesigheid met studie  en onverwagte  siekteverlof.  Die aansien van Hefsiba het so toegeneem dat daar versoek word dat nuwe fakulteite vir, byvoorbeeld,  Bestuur, B.Com en Regte ook gevestig sal word en die lewering van leiers wat korrupsie sal teëwerk!  Goeie nuus is dat daar binnekort 'n nuwe boorgat geboor sal word nadat die nodige fondse (ongeveer US$ 6000)  gevind is. Verlede week het 'n span van Potchefstroom 20  rekenaars kom installeer by die taallaboratorium. Daar was geen probleme by die grensposte nie!

Martin Basson: Jesusfilm Uitreike – George:

Martin vertel dat die mannekamp oor die naweek 25 -28  Februarie  uiters geseënd was. Sewe manne van Syferfontein se plakkerskamp was daar en Chris Smit het ook vir Martin bygestaan. Daar was nuwe oorgawes en ons moet vir hierdie nuwe  dissipels bid, dat hulle sout en lig sal wees in hulle donker omgewing.  Daar is alreeds ook roering onder die vroue. Planne vir die jaar neem steeds vorm aan en daar is geleenthede vir gemeentelede om deel te neem. Martin moes onlangs weer aandag ontvang vir sy oë - bid asseblief vir sy gesondheid.

André en Dianne Buitendag : CREDO – George: 

Dank: Die mannekamp by Swartvlei kamp het goed en geseënd afgeloop. Prof Deon Thom het ook deelgeneem. Die kernboodskap van dissipelskap is oorgedra aan die plaaswerkers wat bygewoon het. Bid dat hierdie gelowiges ware sielewenners en ook dissipelmakers sal wees, gevul en toegerus deur die Heilige Gees.

Die Getuiensaksie en Wêreldsendingfonds:  Bid asseblief vir ons gemeente se Getuienisaksie - dat dit 'n volskaalse gemeentelike aksie sal word wat elke gelowige sal betrek. Dank en bid vir al die getroue skenkers wat die Wêreldsendingfonds in stand hou en dat daar veel meer sal bykom. Vra wysheid om te weet waar die Here wil hê dat ons by soveel ope deure moet ingaan. 

 

VERJAARSDAE HIERDIE WEEK

Maandag 8 Maart:

Anthony Mandich, 874 5221; Mariëtte Cormack, 082 565 3612; Kobie Deister; 082 304 3874; Thys  Pretorius (jnr), 873 2925;  Johannes Van Dyk, 873 2629

 

Dinsdag 9 Maart:  Ons gemeente is vandag 197 jaar....

Gerhard Van der Merwe, 801 1831; Anouk Kirsten, 082 804 0107; Johannes Van Rooyen, 884 1418; Etienne Du Preez, 082 788 8414; Johan Mouton, 874 4944; Hanlie Barkhuysen, 082 439 1988; Meyer Lamprecht, 083 632 6657; Luam Ackermann,  082 425 8803; Carolien Barnard

 

Woensdag 10 Maart:

Kita Fourie, 884 0517; Gerhard Faber, 874 1325; David Scheün, 083 353 1720; Frieda Nienaber, 083 250 7790; Karen Faber, 874 1325

 

Donderdag 11 Maart:

Charles van Zyl, 874 0963; Helena Van Rooyen, 874 3636;  Daantjie Gerber, 873 4262; Willem Van Rooyen, 874 3636;  Francois Du Toit, 082 413 7087; Mara Jacobsz, 873 5309; Christoffel Oberholster, 874 6654;  Louis Van Rensburg, 873 3003

 

Vrydag 12 Maart:

Pieter Visser, 874 6468; Mathilda Jordaan, 083 275 7071; Cornelia Botha, 082 788 8395; Marina Green, 874 2745; Michail Robinson, 873 4841; Elsje Oosthuizen, 873 5993

 

Saterdag13 Maart:

Hein Le Roux; Joseph Myburg, 873 5477; Micaela Frier, 873 0862; Gustaf Pienaar, 874 6714; Etta Van Rhyn, 874 6722; Marie Arnold, 874 1327; Jan Russouw, 879 0907; Amy Van Dyk, 873 2629; Driekie Fouche, 073 142 9050; Rina de Swardt, 873 3369; Liezel Du Toit, 083 227 0167

 

Indien u naam of telefoonnommer per abuis weggelaat is, wees asseblief so gaaf en kontak ons kerkkantoor met die nodige.

 

 

 

R

   

R