|
|||||||||||||||||||||||||
|
Eredienste is byeenkomste waar almal moet welkom voel, daarom het ons twee dienste met verskillende style waar soveel moontlik gemeentelede volgens individuele behoeftes betrek kan word. Eredienstye is soos volg: Oggend eredienste om 09:00
Informele kerkbyeenkoms onder leiding van die Evangelisasiebediening elke Sondagaand in die kerk om 19:00 Volledige inligting oor eredienste en tye vir die jaar is op die kerkalmanak (by kerkkantoor besikbaar) Nagmaal: Nagmaal is ‘n sigbare manier waarop ons die goedheid van ons Vader vier. Musiekdirekteur: Friena Maritz 044 874 2036[k]; 044 871 0344[h]; 082 471 1825
Gemeentelede kan ook hierby betrokke raak. Erediensbediening: Kontak: Freddie van der Merwe 044 8708626 of 082 576 3218 Evangelisasiebediening: Die bediening onder leiding van ds Albertus Louw en Markus Nienaber vergader elke Sondagaand om 19:00 in die kerk vir 'n informele byeenkoms. Kontakpersoon: Markus Nienaber - 083 409 3091 Oor hierdie byeenkoms ...
Ons identifiseer nogal met die mense waarna verwys word in die Bybel: “By this time a lot of men and women of doubtful reputation were hanging around Jesus, listening intently” (Lukas 15:1; Bybel- Nuwe Testament. Message vertaling) Met hierdie byeenkomste probeer ons ‘n ruimte te skep waarin almal wat hier inkom Jesus kan ontmoet en indien die ontmoeting plaasvind, ons Hom beter kan leer ken. Ons eerlike begeerte is soos Paulus in die Bybel skryf: “Al wat ek wens is om Jesus te ken” (Fil 3:10; Bybel- Nuwe Testament. N.A.V.)
Ons roem nie daarop dat alles wat ons hier sê die volkome antwoord of universele waarheid is nie. Ons is hier met ons eie eerlike ervarings van en gedagtes oor God en wil dit met elkeen deel wat hier instap deur saam rondom die Bybel besig te wees. Ons doen dit in die geloof dat die Een wat groter as ons almal is, dit sal gebruik en jou sal aanspreek en ontmoet soos Hy wil.
Ons veronderstel nie dat jy ‘n Christen gelowige of ‘n ingeligte kerkganger is nie. Daarom sal jy oplet dat die agenda van elke aand heel eenvoudig is. Jy kan meedoen aan die verloop op jou terme. As jy hierdie byeenkomste positief beleef en die behoefte het om deel te raak van ‘n groep mense saam met wie jy in ‘n verhouding met Jesus kan staan, ons kan daarmee probeer help. Skryf jou naam op ‘n briefie (voor jou in die bank) en gooi dit in die kis of kom praat na die tyd met een van die voorgangers. (jy is genooi vir koffie en gesels net hierna) As jy net ‘n kuiergas is wat ‘n hawe kom soek het, ons hoop jy kry dit hier!
Markus Nienaber 0834093091 Albertus Louw 0827711867 Vir meer inligting gaan besoek ons webwerf: www.caw.org.za Onder Bedieninge , klik op Sondagaand byeenkoms . Wil jy ‘n opmerking maak of ‘n vraag vra? Stuur epos aan forgiven@caw.org.za (spaar ons asseblief gemorspos, ons het tyd vir jou, nie ‘n klomp ander nuus nie!)
Hulpverleningsaksie:
Die aktiwiteite van die Hulpverleningsaksie behels: Kos- en Klerebank : Die kos-en-klerebank is geleë in die klein geboutjie onder die akkerboom in Kerkstraat, langs die kerkkantoor. Gemeentelede maak bydraes tot die kos-en-klerebank. Persoonlike betrokkenheid : Tiener- en kindergroepe is op persoonlike wyse betrokke op kort en lang termyn by gesinne en individue in nood. Spesiale geleenthede : Verskeie, waarvan die kersete vir hawelose mense op Kerksdag die hoogtepunt is. Koördinering van gemeente-ondersteuning aan gemeenskaps-instansies : St Mary's Kinderhuis Koördineerder: Frieda Nienaber - 044 874 0429 Die gemeente streef daarna om nie losstaande jeugaksies in die gemeente te hê nie om sodoende te voorkom dat losstaande jeugaktiwiteite bydra tot vervreemding van generasies binne die gemeente – die gevoel van ‘n jeugkerk binne die gemeente. Die Jeugbediening in Moedergemeente het die afgelope paar jaar tot ‘n bediening ontwikkel waar die gemeentekinders en –jongmense as volwaardig deel van die huisgesin van God gesien en hanteer word. Dit word gedoen deur middel van Jeugvriendelike eredienste deur onder andere aktiewe betrokkenheid in die liturgie (bv volle deelname aan nagmaal, voorbidding, ens). Georganiseerde aktiwiteite sluit in: *Kinder- en tienergroepe (vroeër kategese genoem): Voorskool [3jr - Gr II] kom om 08:45 in die saal byeen vir hul klasse tydens die erediens. Gr III - VII: Woon erediens by en direk na die eredienskom hulle in die Langgebou bymekaar en gaan dan na die klasse in die Dr MC Standerhuis tot 11:00 Tienergroepe [Gr VIII - X] kom om 17:45 in die Langgebou bymekaar en dan verdaag hulle na hul klasse in die Dr MC Standerhuis. Gr XI: Belydenisklas begin om 18:00 in die Dr MC Standerhuis gelei deur ds Steve van der Walt Die fokus is op verhoudings, veral hul verhouding met God, met mekaar en met die wêreld om hulle. Hulle is verantwoordelik vir ‘n diensprojek van die gemeente en ondersteun ‘n sendeling van die gemeente. Sodoende raak hulle direk betrokke by die nastrewing van die gemeentevisie. *Familiedienste: Elke tweede en voorlaaste Sondag van die kwartaal. Jeugbyeenkoms: Mug & Chat - ons jeug kom elke Vrydagaand byeen in die sysaal en speel "pool", kyk DVD's en kuier lekker saam. Kom deel in die pret! Jeugwerker: Noëline
Gonzales Die gebedsaksie is een van die pilare van die gemeente. Dit bestaan uit tussen 30 tot 50 lede wat op verskillende terreine vir die gemeente intree. Die verskillende terreine behels die volgende: Gebedswag kontak nr - 073 372
6785 Verskillende gebedsgeleenthede: Middagbiduur in kerk: 13:10 - 13:45 Gemeentebiduur: Dinsdae om 18:00 in Gebedskamer Ander spesiale gebedsgeleenthede vir die breë gemeente is: Half-nagte van gebed Die Hosanna-gebedskamer (geleë aan die sykant van die kerksaal) is tot die beskikking van gemeentelede. Daar word ook weekliks ‘n gebedsbulletin versprei onder die lidmate met belangrike inligting ten opsigte van ons gemeente en dorp, asook sendingwerk binne, sowel as buite die gemeente. Vir meer inligting en betrokkenheid by hierdie aksie, kontak die Koördineerder: GetuienisaksieHierdie aksie koördineer al die gemeentelike bedieninge waarby lidmate betrokke kan raak om Jesus op verskillende maniere na mense te bring. Die volgende sorteer hieronder: Wêreldsending: Ons steun die volgende sendelinggesinne vanuit die gemeente, naamlik: Thailand :
Jannie en Marna Theunissen met hul kinders Nerina en Kobus Hefsiba Kweekskool, Villa Ulongue, Mosambiek: Petria Theron ACROS: Andre
Buitendag Koördineerders: Dale en Lettie du Toit - 044 801 4060 (h) 084 554 4060 Jesus film: Die gemeente het ‘n span wat op ‘n gereelde basis met uitreikaksies in die omgewing besig is. Jesus film videos kan ook by hulle gekry word. Koördineerder: Martin Basson: - 044 874 2605 (h) Ons gemeente glo dat dit wesentlik is dat ons na mekaar omsien. Hierdie liefde wat só sigbaar moet word, is elke gelowige se voorreg en opdrag. Die volgende strukture in die gemeente dra hiertoe by: Selgemeentes/Geloofsgesinne : Mense word hier begelei om soos ‘n gesin saam te leef, vir mekaar se groei verantwoordelikheid te aanvaar en om saam uit te reik na ander. ‘n Herderleier, wat ‘n ouderling is, neem vir die proses verantwoordelikheid (nie-geografies). Koördineerder: Pieter Koen: 044 874 2859 Pastorale versorging Pastorale Groepe : ‘n Pastorale ouderling (wat nie op die Kerkraad dien nie) is verantwoordelik vir die liefdevolle versorging van soveel gesinne as waarvoor hulle kans sien. Koördineerder: Peter de Swardt: 044 873 3255 Leraarsbesoek : Enige persoon kan met enige van die leraars gesels deur ‘n afspraak by die kerkkantoor te reël (die leraars se dagboeke word vanuit die kerkkantoor bestuur). Pastorale Ouderlinge maak ook namens lidmate in hulle groepe afsprake met ‘n leraar aan hulle toegewys ten einde kontak met al die lidmate gedurende ‘n twee jaar periode te bewerkstellig. Daar is 'n leraar bedags by die kerkkantoor beskikbaar. Maak gerus 'n afspraak deur die kerkkantoor. Geestelike Berading: Brenda en Stephan de Swardt is beskikbaar vir gratis geestelike berading op Donderdae in die Gebedskamer. Kontaknommer: 084 556 3827 Bemoedigers: Dit is lidmate wat nie sogenaamde beraders is nie, maar wat ‘n gawe ontvang het om op ‘n besondere wyse mense te ondersteun en te bedien.
Missie: Uitreik na ander vroue in die gemeente om liefde uit te leef en lief en leed te deel. Aktiwiteite: Spyseniering (ook vir organisasies
buite die gemeente) Ons sal graag wil sien dat vroue van die gemeente meer kontak met mekaar het bv met ‘n ken-mekaar-tee of tee drink tussen die twee eredienste. Kontakpersone: Voorsitter: Ingrid van Zyl: 044 874 6762 O/voorsitter: Breggie
Barnard: 044 874 1357 Diensverhoudingskommissie (DVK): Die DVK is verantwoordelik vir alle personeel verwante sake, bv aanstellings, verlof, dissiplinêre kode, salarisse van die leraars en kerkkantoorpersoneel. Voorsitter: Bertie Coetzee:082 453 8793 Hierdie bediening onder voorsitterskap van Lettie Naudé sien om na die totale finansiële portefeulje van die Kerkraad, uitsluitend die van die Raad van Trustees. Die lig wat die verste in die wêreld skyn, skyn die helderste tuis. Elke gemeentelid is ook ‘n sendeling hier plaaslik waar die Here ons roep om die lig te laat skyn. Die bediening plaaslik is van die persoonlike opdragte wat elke gelowige self by die Here hoor tot die dinge wat ons gesamentlik as gemeente hoor en by inskakel. Gesamentlike aksies behels onder andere:
Indien die Here ‘n spesifieke bediening op jou hart lê wat nog nie in die gemeente bestaan nie, praat met een van die leraars dat ons kan kyk hoe ons dit kan akkommodeer.
|
|||||||||||||||||||||||||
|
|||||||||||||||||||||||||