Raad van Trustees

Doel van Raad van Trustees (RVT): Om fondse te genereer vir die Koninkryk.

Die RVT is gestig met die doel om die besigheidseiendomme van die gemeente ten beste te bestuur en ontwikkel om die grootste moontlike wins te maak vir aanwending verkieslik buite die gemeentebegroting. Later is ook die ander eiendomme van die gemeente aan die RVT toevertrou vir instandhouding. Die Raad van Trustees funksioneer as ‘n kommissie van die Kerkraad (met spesiale opdrag en magte) en is verantwoordelik aan die Kerkraad.

Die eiendom ter sprake is:

Multisentrum, h/v Meade- en Markstraat (39 sakepersele)
Behuising vir bejaardes:
Aspelingshof (12 wooneenhede)
Ironsydehof (12 wooneenhede)
Courtenayhof op kerkterrein (20 wooneenhede)
Quintonhof in Aspelingstraat (5 wooneenhede)

Pligte van die Raad van Trustees is :

  • Bestuur en verhuring van Multisentrum se sakepersele asook instandhouding daarvan
  • Administrasie en finansiële verpligting van die Raad van Trustees
  • Beheer oor 49 wooneenhede vir bejaades

Sluit in:

  • Skakeling met okkupeerders, finasiële bestuur en onderhoud
  • Bemarking en verkoop van die lewensreg van wooneenhede wat beskikbaar raak
  • Beplanning en ontwikkeling van die kerkterrein
  • Onderhoud en verbetering van alle geboue op die kerkkterrein asook die pastorieë
  • LEDE: 8 lede waarvan 5 deur die Kerkraad verkies en 3 deur die Raad gekoöpteer

KOMITEES:

  • Dagbestuur
  • Kerkgeboue
  • Finansies van Multisentrum
  • Wooneenhede

  • Kontaknommer: Bestuurder: Connie Taljaard- 044 874 6543.

                                                                                        083 456 4613

    Voorsitter: Pierre Conradie - 044 874 1511

    Terug na bo

    Fasiliteite te huur

    1. Kerk:  

    Tarief: Oggende - R350;

    Middag/ Aand -   R350

    Ons kerk is baie gewild vir troues, dus moet u sommer vroeg u bespreking by die  kerkkantoor maak vir u spesiale dag! Die fooi tov 'n troue is R350.

          2. Langgebou:   

    Tarief: Oggend/middag - R200

    Heeldag -                          R400

          3. Kerksaal:

  • Weeksdae - Maandag – Vrydag

    Tarief: Oggend 08:00 - 13:00:   R480

                Middag 13:00 – 17:00: R480
                Dag 08:00 – 17:00:       R650

                Weeksaand 17:00 – 24:00: R480.00

    Naweke:

              Oggend 08:00 - 13:00:  R800 [sluit die gebruik van die kombuis in]

    Dag 08:00 – 17:00:       R800

                                             R650.00 sonder die gebruik van die kombuis.

  • Ons gee 50% Korting vir skole/ Welsynsorganisasies op al ons fasiliteite.

     

    *************************************************************************

    Toekennings/beurse:

    1. Die RVT doen jaarliks skenkings aan verskillende welsynsorganisasies. Welsynsorganisasies wat hiervoor in aanmerking wil kom, moet skriftelik hul versoek rig aan die Finansiële beampte by die kerkkantoor. 

     

          2.  Standerfonds:

             Die Standerfonds is in die lewe geroep om lidmate/hul kinders wat wil verder        studeer,  finansieel by te staan met rentevrye lenings. Aanoeke moet skriftelik gestuur word      aan die Finansiële beampte.

       

        

          3. CF Pieterse Trust:

             Dié Trust is gestig met die doel om jaarliks studiebeurs[e] vir Teologiese studente van     George daar te stel. Aansoeke/ navrae moet gerig word aan: CF Pieterse Testamentêre Trust Beurse, Posbus 1596, Somerset- Wes, 7129. Faks 021 851 3043.

     

    ________________________________________________________________________

     

    Nuwe lidmate:

    Vir die aanvra van lidmaatbewyse, moet u asb die kerkkantoor kontak.

    Nuwe intrekkers:

    Baie welkom by ons ……. jou nuwe gemeente. Ons vertrou jy gaan sommer gou deel wees van ons gemeente. Kontak asb vir Nic Gerber by 044 874 1035

    of 083 284 0470 en hy sal u kom besoek en 'n almanak en dankofferkoevertjies bring.

    Leer meer oor ons gemeente, wie ons is, wat ons doen, hoé en hoekom ons dit doen en ontdek terselfdertyd jou posisie en bediening in ons gemeente. Die “Ontdek jou Plek”-kursus is gratis …kontak die kerkkantoor vir meer besonderhede.

    Terug na bo



  • oor ons | bestuur | forums | bedieninge | administrasie | dagboek / gebeure
    Copyright @ Moedergemeente 2005, George
    Site designed by PCD Agency