Oor hierdie byeenkoms ...
Ons identifiseer nogal met die mense waarna verwys word in die Bybel: “By this time a lot of men and women of doubtful reputation were hanging around Jesus, listening intently” (Lukas 15:1; Bybel- Nuwe Testament. Message vertaling)
Met hierdie byeenkomste probeer ons ‘n ruimte te skep waarin almal wat hier inkom Jesus kan ontmoet en indien die ontmoeting plaasvind, ons Hom beter kan leer ken.
Ons eerlike begeerte is soos Paulus in die Bybel skryf: “Al wat ek wens is om Jesus te ken” (Fil 3:10; Bybel- Nuwe Testament. N.A.V.)
Ons roem nie daarop dat alles wat ons hier sê die volkome antwoord of universele waarheid is nie. Ons is hier met ons eie eerlike ervarings van en gedagtes oor God en wil dit met elkeen deel wat hier instap deur saam rondom die Bybel besig te wees. Ons doen dit in die geloof dat die Een wat groter as ons almal is, dit sal gebruik en jou sal aanspreek en ontmoet soos Hy wil.
Ons veronderstel nie dat jy ‘n Christen gelowige of ‘n ingeligte kerkganger is nie. Daarom sal jy oplet dat die agenda van elke aand heel eenvoudig is. Jy kan meedoen aan die verloop op jou terme. As jy hierdie byeenkomste positief beleef en die behoefte het om deel te raak van ‘n groep mense saam met wie jy in ‘n verhouding met Jesus kan staan, ons kan daarmee probeer help. Skryf jou naam op ‘n briefie (voor jou in die bank) en gooi dit in die kis of kom praat na die tyd met een van die voorgangers. (jy is genooi vir koffie en gesels net hierna)
As jy net ‘n kuiergas is wat ‘n hawe kom soek het, ons hoop jy kry dit hier!
Markus Nienaber 0834093091
Albertus Louw 0827711867
Vir meer inligting gaan besoek ons webwerf: www.caw.org.za Onder Bedieninge , klik op Sondagaand byeenkoms .
Wil jy ‘n opmerking maak of ‘n vraag vra? Stuur epos aan forgiven@caw.org.za (spaar ons asseblief gemorspos, ons het tyd vir jou, nie ‘n klomp ander nuus nie!)