Om saam te GROEI tot ‘n DINAMIESE, SPONTANE, GEESBEHEERDE Gemeente wat MEKAAR in liefde versorg en wat UITREIK na die NOOD van die wêreld deur BIDDEND en LUISTEREND na die Woord, al hoe meer leer LEEF uit die onuitputlike rykdom in JESUS CHRISTUS sodat GOD ALLES vir almal kan wees.

Missie (opdrag)

Ons Bring Jesus na Almal toe

Kliek hier om saam ons deel te neem aan ons Kerk Blog..


*Ons – die hele gemeente, want elke lidmaat het die roeping om Jesus se beeld te vertoon

*Bring Jesus – Ons vertoon Jesus as Sy liggaam op aarde. Dit is dalk ál geleentheid wat die
wêreld het om van Hom te hoor of te sien

*Almal – Begin in jou eie huis en strek oor jou eie omgewing heen tot aan die uithoeke van
die wêreld.

Waardes

  1. Ons wil God bo alles ken en liefhê.
  2. Die Bybel leer ons hoe om te lewe.
  3. Ons soek in alles God se wil en doén dit.
  4. Ons praat graag met God oor alles.
  5. Ons is bly dat God ons die wêreld instuur.
  6. Ons wil ‘n seën wees vir ons dorp en ons land.
  7. By ons is almal welkom en elkeen belangrik.
  8. Ons is familie.
  9. Ons is almal volgelinge van Jesus en help mekaar daarmee.
  10. Ons help mekaar reg
  11. In ons eredienste vier ons dat God by ons is.
  12. Ons dien God met alles wat ons is en het.

Adres

H/v Kerk en Courteneystraat
Posbus 9801, George, 6530
Epos: ngmoeder@mweb.co.za

Gedenkmuur

Net agter ons kerk op ons terrein, is ons Gedenkmuur aangebring. Hier kan lidmate hul geliefdes
se as in ‘n baie netjiese nis plaas. Dis baie rustig en veilig daar.

"Ou Pastorie- gastehuis"

Direk langs ons kerk is ons ou pastorie wat ons onlangs gerstoureer het en omskep het in 'n gastehuis waar gaste kan tuis gaan indien hulle siekes in die hospitale wil kom besoek of wat 'n naweek of vakansie hier in ons pragtige dorp wil kom deurbring. Daar is 7 gerieflike kamers en etes kan voorsien word. Skakel 044 873 2295 of 072 766 4283 of e-pos : oupastorie@telkomsa.net  vir meer besonderhede.

Gastehuis

Geskiedenis van die kerkgebou..



Copyright @ Moedergemeente 2005, George
Site designed by PCD Agency